Kosbare Pêrel
Woordskole:
Genesis: Jakob - Die Vyand
in My Verslaan
(This MP3 audio download is only
available in Afrikaans.)
(Genesis 25 -
35)
Hierdie openbaringswoord is vol
verassings en handel oor 'n baie onbekende geestelike
beginsel: nl. die seën van die
eersgeborene. Gedagtig daaraan dat Jesus die
Eersgeborene van die Skepping en uit die dood is,
raak dit ons direk as die Bybel ons die gemeente van
die eersgeborenes noem.
Die vlees en duiwel sal alles probeer
om u uit u seën (geestelike outoriteit,
rentmeesterskap, priesterrol ens.) te werk. Hier
word die vlees ontmasker! U kan nie u seën
terugkoop of verdien nie! Gewoonlik gaan mens
met jou God deur 'n "Jabbok - krisis" alvorens jy in
jou volle erfenis kan leef!
In die plek van al u "regte" waarvan u
moet afstand doen as 'n gelowige, is daar wel een wat
u moet opneem en wat u blywende reg is, nl. u
eersgeboortereg.
Dit gee ook duidelike inhoud aan die
eerste seën wat God op die eerste mens, en dus
mensdom gelê het.
Die mooiste rok, blinkste
Ferrari en hoogste gebou, was vooraf ontwerp. Elke
ontwerp moes voldoen aan die wette,
reëls,
doelwitte en funksies van die betrokke voorwerp.
Elkeen moes 'n skepping wees op sy eie, 'n nuwe
kunswerk en
pronkstuk.
Net so het God mense aanvanklik geskape,
elkeen uniek, elkeen volkome vir elke goeie werk
toegerus.
Die Eersgeboorte reg en Eersgeboorte
seën mag
vir u vreemd klink, maar is eintlik niks anders as 'n
identiteitskaart, ontwerp of bloudruk van u eie
uniekheid nie. Hierdie stof tref mens onverhoeds en
is 'n totale verrassing.
Hierdie materiaal is nie leerstellig van
aard nie, maar vir alle Christene.
Dit is spesifiek
ingekleë vir
kleingroepe in halfuur sessies.
Ons raai u vriendelik aan om na die
gratis vyf minute uittreksel te luister, en as u hou van
wat u hoor, sal u hierdie woordskool opname koop en met
ander deel.
Druk nou op die "Add to
basket" knoppie om dadelik toegang tot hierdie elf
halfuur sessies te kry. Dit maak nie saak waar in die
wêreld u op die oomblik is nie. Nadat u betaal het vir
hierdie audio opnames, kan u dit maklik en vinnig aflaai op
u rekenaar, en dit dan na u MP3 speler of iPod oorplaas vir
maklike gehoor genot.
Once you see how easy it is to learn a second language with
audios, you will make the same experience as many language
students: Why only learn one second language, and not two or
three or even more? Learning a foreign language with these
audio files is fun!